Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 8 DESEMBER 2013

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika. Die SARL saai elke Sondag om 08:15 SAT 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uit. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

Die Suid Afrikaanse Radioliga, sy Raad en lede deel in die afsterwe van Suid-Afrika se grootste staatsmanne, Nelson Rolihlahla Mandela. Laat ons onthou en aangemoedig word deur die baie positiewe dinge waarvoor hy bekend is. Terwyl ons oor sy dood treur vier ons sy lewe en die lesse wat hy ons en die wereld geleer het.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

IN DIE NUUS VANDAG:

NUWE VK6RIO BAKEN OP 144,950 MHZ OP SUID-AFRIKA GERIG
DESEMBER YOTA MAAND!
BESONDERHEDE VAN DIE SARL NASIONALE KONVENSIE AANGEKONDIG

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.

NUWE VK6RIO BAKEN OP 144,950 MHZ OP SUID-AFRIKA GERIG
Trans Atlantiese en Trans Indiese Oseaan twwerigting kontakte op 144 MHz via Tropoduksie is steeds van die grootste uitdagings op BHF. Baie aanslae is reeds gemaak, maar sonder sukses. ‘n Pragtrofee wag steeds in Dublin vir die eerste suksessvolle Trans Atlantiese poging.

Pieter ZR1AEE (nou V51PJ) en Fkavio, PY2ZX het ‘n reekstoetse tussen Kaapstad en Sao Paulo gedoen en brokkies van mekaar ontvang. ‘n Span bestaande uit Andre ZS2ACP, Jim ZS2JF en Mike ZS2FM, in Port Elizabeth het GG toetse met Bill Hosie, VK6ACY (nou ZS6CCY) te Perth gedoen maar sonder enige sukses.
DESEMBER IS “ YOTA”- MAAND!

Na die sukses van die “Youngsters on the Air”-geleenthede in die somer van die Noordelike hemisfeeer, het ons besluit dat dit tyd is vir meer aksie! Verskeie lande sal met “YOTA” as ‘n uitgang vir die roepsein aktief wees.

Wil u ons op die lug hoor ? Luister na “Youngsters on the Air” roepsiene tydens die hele Desember maand! Nagenoeg 17 stasies van 14 lande met jong amateurs sal aktief wees. Probeer asseblief om met enige van die volgende roepseine te werk: EA7URA/YOTA; EI0YOTA; ES5YOTA; ES9YOTA; LY5YOTA; OH2YOTA; OK2YOTA; OM9YOTA; OM13YOTA; ON4YOTA; PA6YOTA; S513YOTA; SN0YOTA; SH9YOTA; YO0YOTA; YL13YOTA en YL2013YOTA.

‘ n Spesiale “Youngsters on Air” toekenning is beskikbaar.

60 METER VOORTPLANTINGSNAVORSING

Huidiglik het die “Kempton Park Amateur Radio Technical Society “ (KARTS) ‘n operasionele 60 meter bakensender op 5250 KHz op 5min intervalle met PSK31 as die voorkeurmodus. Besoek asseblief die KARTS webwef by www.zs6kts.co.za vir volledige inligting oor die baken. Stuur assblief ‘n seinverslag indien u die baken hoor, aan beacon@zs6kts.co.za en ook aan propresearch@sarl.org.za. Sluit asseblief u posisieverwying in. KARTS beplan om ‘n GG sowel as WSPR sein (wat ‘n “ Weak Signal Propagation Reporter” transmissie stelsel met die WSJT programmatuur, wat deur Joe Taylor, K1JT ontwikkel is) beskikbaar te maak.

Die geko-ordineerde bakensenders en ontvangers, bekend as WSPRnet, rapporteer die huidige voortplantingsbesonderhede van ‘n aantal frekwensie bande en geografiese posisies oor die internet.

WEER ‘N HERINNERING AAN DIE VIDEOKOMPETIESIE
Die Suid Afrikaanse Amateurradio Ontwikkelingstrust nooi videograwe om deel te neem aan ‘n kompetisie waar aantreklike pryse op die spel is. Wees skeppend met jou kamera, of selfs slimfoon, en skiet ‘n kort video van ‘n opwindende Amateurradio aktiwiteit. Jy kan die wenner wees van ‘n 5 watt GG MFJ 40 radio ter waarde van R1300 of een van vele ander pryse.

Die videoformaat kan AVI, WMV of MPEG met ‘n minimum resolusie van 320 X 240 wees. Die lengte van die video moet tussen 3 en 5 minute wees. Die onderwerp kan enige iets wees wat die vreugde en opwinding van amateurradio weergee.

Inskrywings moet per KS of DVS gedoen word en nie per e-pos nie. Stuur jou video aan: Amateurradio Videokompetisie, Posbus 90438, Garsfontein, 0042. Die sluitingsdatum is 31 Desember 2013 en die wenners sal vroeg in 2014 aangekondig word. Meer inligting is beskikbaar by www.amateurradio.org.za.

LIGANUUS

BESONDERHEDE VAN DIE SARL NASIONALE KONVENSIE AANGEKONDIG

Die SARL se Nasionale Konvensie en Algemene Jaarvergadering sal van 11-13 April 2014 in Pretoria gehou word. Die Magalies Amateurradioklub sal as gasheer by die Furrow lane Hotel optree. Aktiwiteit begin reeds die Vrydagaand met ‘n braai en die gasspreker, Brian Frazer sal praat oor "Monitoring of sunspots en solar activities through the monitoring of ultra low frequency wave propagation”.

Die AJV sal op die saterdagoogend gehou word waartydens persone wat dit nie bywoon nie kan luister na interessante aanbiedings. Hierdie aanbiedings sal die middag weer herhaal word.

Johan Badenhorst, van die SABC Voetspore faam, is die middag se gasspreker. Hy praat oor die Kommunikasiebehoeftes en ondervindings op die langpad. Vir die dames is daar ‘n modevertoning en skoonheidsdemonstrasies.

Die gasspreker by die gala Toekenningsete is Dr Kobus Botha. Hy sal praat oor intydse weerfotografie.

Volledige besonderhede is op die SARL webwerf beskikbaar. Volg die skakels na die program en registrasievorm. Die Furrow lane Hotel is ‘n konferensiesentrum wat uitstekende verblyf bied en die ideale wegbreekplek vir jou en jou gade is.

OPROEP OM VOORLEGGINGS VIR 2014 RTA
Die SARL het met die beplanning van 2014 se RTA’s wat in al die hoofsentra vanaf Julie gehou sal word begin. Hierdie is dan ‘n versoek vir die aanbied van voorleggings om tydens die RTA’s aan te bied en ook op die Simposium KS ingesluit te word. Indien u ‘n onderwerp het om by al die RTA’s of slegs u plaaslike een aan te bied word u versoek om ‘n samevatting daarvan teen 15 Desember aan ons te stuur na rta@sarl.org.za Sluit asseblief u kontakbesonderhede in. Die datums vir die 2014 RTA is nou op die SARL webwerf beskikbaar.

SARL KANTOOR SLUIT VIR SOMERVAKANSIE

Die SARL kantoor sal vanaf 12 Desember tot 13 Januarie 2014 gesluit wees. Gedurende hierdie tyd kan dringende sake per e-pos gestuur word aan secretary@sarl.org.za.

NUWE LEDE

Die SARL het die 100 kandidate wat die Oktober RAE geslaag het as lede bygekry. Dit is ongelukkig onprakties om ‘n lys van 100 name op die SARL Nuusbulletin te lees. Dit bring die SARL se ledetal op 1650 te staan.

NOMINASIE VAN RAADSLEDE

Lede en Klubs word daaraan hehinner dat nominasies vir SARL Raadslede nou ingewag word. Lede kan deur individue of klubs benoem word. Die voorwaardes en grondwet is op die Liga se webwerf beskikbaar. Die sluitingsdatum vir nominasies is 31 Januarie 2014.

Om nominasies te vergameklik kan ‘n vorm van die sekretaris by secretary@sarl.org.za aangevra word. Die vorm is slegs vir gerief en nie verpligtend nie.

KOMPETISIENUUS

SARL NASIONALE VELDDAG

Die wedstrydkomitee 13 logstate en 1 kontrolelog ontvang vir die November-been van die SARL Nasionale Velddag .

Klas A: Veldstasie Multi-operateur
1st Oosrand-tak, ZS6ERB, 145 680 punte
2de Welkom Radioklub, ZS4WRC, 114 840 punte 3de Wesrand ARK, ZS6WR, 82 800 punte

Klas F: Algemene stasies
1st Johan van Zijl, ZS4DZ, 8 760 punte
2de Port Elizabeth ARV, ZS2PE, 3 200 punte 3de Kempton Park ARTV, ZS6KTS, 1 760 punte

'n Kontrolestaat is van Bosman Olivier, ZS6WBO, ontvang .

Die gekombineerde uitslae van die Februarie en November bene van die SARL Nasionale Velddag

Klas A: Veldstasie Multi-operateur
1ste Welkom Radioklub, ZS4WRC, 204 588 punte 2de Oosrand-tak, ZS6ERB, 194 604 punte 3de Wesrand ARK, ZS6WR, 144 252 punte

Klas C: Veldstasie enkel-operateur
1ste Marius Snyman, ZR6MS, 24 576 punte
2de Andries Visagie, ZS6VL, 13 320 punte

Klas D: Veldstasie, enkel-operateur QRP
1ste Richard Hayter, ZS6RSH, 10 800 punte

Klas E: Ultra ligte draagbare
1ste Pierre van Deventer, ZS6A, 10 350 punte 2de Eddie Leighton, ZS6BNE, 3 510 punte

Klas F: Algemene stasies
1ste Pravin Kumar, ZS5LT, 11 088 punte
2de Port Elizabeth ARV, ZS2PE, 10 076 punte 3de Ken Gurr, ZR5KW/6, 9 792 punte

Baie geluk aan die wenners!

Vroeë waarskuwing - die Februarie been van die SARL Nasionale Velddag vind plaas oor die naweek van 8 en 9 Februarie 2014!


ARRL 10 METER-KOMPETISIE

Die ARRL 10 Meter-kompetisie vind plaas vanaf 00:00 UTC Saterdag 14 Desember tot 23:59 UTC Sondag 15 Desember. Alle stasies mag nie meer as 36 uur van die 48-uur-tydperk werk nie en alle af-tye moet 'n minimum van 30 opeenvolgende minute wees. Onthou luister tyd tel as werkingstyd.

Die uitruiling vir ZS stasies is 'n RS of RST verslag en 'n opeenvolgende reeksnommer wat begin met 001. Stasies in die VSA (insluitende Hawaii en Alaska), Kanada en Mexiko sal 'n RS of RST verslag en staat of provinsiale afkorting stuur. Maritieme mobiele stasies stuur 'n RS of RST verslag en ITU Streek (R1, R2 of R3).

Vind al die reëls by www.arrl.org/10-meter

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die sonaktiwiteits vlak besig is om toe te neem. Sonvlek AR1909 het 'n "beta-gamma" magneetveld wat genoeg energie huisves vir M-klas fakkels.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 85.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 15 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 20 m net 'n kortkop agter behoort te wees.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.


DAGBOEK VAN GEBEURE

14 – 15 Desember - ARRL 10 meterkompetisie
31 Desember - Laaste dag vir inskrywing van amateurvideo.
18 Januarie 2014 – SARL@Home
28 Februarie 2014 - Sluitingsdatum vir Leerling Opstelkompetisie.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u om elke Sondagoggend om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-omgewing te luister na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz en ook 'n potgooi deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op "Amateur Radio Today", gaan na die groen kolom en klik op 'Listen on the web'. 'n Heruitsending vind op Maandae om 16:30 UTC op 4 895 kHz plaas. Op die webwerf verskyn ook besonderhede aangaande verskeie ander heruitsendings. Ontvangsrapporte, kommentaar en voorstelle sal waardeer word. Stuur e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga met vertalings, saamstelling en redigering deur Louis Kirstein, ZS1LK.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003